Agri SA verwelkom die goedkeuring van die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie vir die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) om voort te gaan met lisensie-aansoeke vir selfopwekkingsfasiliteite van meer as 1MW en die verwerking daarvan.
Dié goedkeuring beteken dat dit nie meer vir voornemende aansoekers nodig is om ministeriële goedkeuring te kry vir die afwyking van die IRP 2019 alvorens hulle aansoek by NERSA doen om ‘n lisensie te bekom nie. Dit is gunstig vir die landbousektor, boere kan nou hernubare energiebronne groter as 1MW installeer. Die goedkeuring maak ook voorsiening vir die oordrag van elektrisiteit en addisioneel tot regulatoriese en administratiewe blokkasies wat uit die weg geruim is, is daar ‘n geleentheid vir boere om in die vryemark oorskot elektrisiteit te verkoop.
Gegewe die elektrisiteitsbeperkings wat die land ervaar, is ons van mening dat dit ‘n positiewe stap is om die druk van Eskom te verlig, aangesien onafhanklike verskaffers nou die mark kan betree. Stabiele kragtoevoer is noodsaaklik vir ontwikkeling en speel ‘n kritieke rol in ekonomiese groei, wat ons land broodnodig het om maatskaplike probleme te help verlig. Landbou is ‘n belangrike sektor om hierdie doel te bereik.
Agri SA en sy geaffilieerde lede is steeds toegewyd en ondersteun die tydige verwerking van lisensiëringsaansoeke om die leweringsekerheid te verseker.
Navrae:
Nicol Jansen
Agri SA Voorsitter: Ekonomie en Handel Sentrum vir Uitnemendheid
(S) 082 948 2629
Kulani Siweya
Agri SA Landbou-ekonoom
(S) 084 018 6019